Brekende Nuus
Afrikaans

Ramaphosa en ministers begin werksbesoek aan VSA

Ramaphosa en ministers begin werksbesoek aan VSA

fotokrediet: X
Ramaphosa en ministers begin werksbesoek aan VSA fotokrediet: X

President Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging het gister vir ’n amptelike besoek aan die VSA vertrek en sal na verwagting later vandag in Washington land.

Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig

Ramaphosa, ministers John Steenhuisen, Ronald Lamola, Parks Tau en Khumbudzo Ntshavheni is op pad na die VSA om die verhouding tussen die twee lande en Donald Trump te probeer verbeter en bestaande bande te verstewig.

Dit volg na Donald Trump en Elon Musk beweer het daar is ’n volksmoord teen wit mense in Suid-Afrika, dat grond sonder vergoeding afgevat word by boere en dat Afrikaners sleg behandel word.

Ramaphosa het gesê handels- en wedersydse kwessies, ook sake van globale belang, sal Woensdag tydens die vergadering met Trump bespreek word. Disinformasie oor Suid-Afrika sal ook aan die beurt kom.

Bronne: SABC, eNCA, IOL

Lees ook: Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig