Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig

Lees ook :

Ramaphosa en Trump se vergadering vir Woensdag bevestig fotokrediet: X

Die presidensie het laat Woensdagaand bevestig pres. Cyril Ramaphosa sal volgende Woensdag 21 Mei met pres. Donald Trump in die Withuis in Washington samesprekings voer. Die SA-president sal vanaf 18 Mei tot 22 Mei op ‘n werksbesoek in die VSA wees.

Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump stem in tot verbetering van SA/VSA-bande

Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, sal bilaterale, streeks- en kwessies van globale belang op die tafel wees. Die doel van die besoek is om ’n platform te voorsien om die strategiese verhouding tussen die twee lande te herbou.

Dit volg na maande se spanning tussen die VSA en Suid-Afrika ná pres. Trump en Elon Musk Suid-Afrika beskuldig het van diskriminasie teen wit mense, grondgrype na aanleiding van die onteieningswet en volksmoord in die lig van plaasmoorde. Trump het ook voorheen Suid-Afrika se saak by die Internasionale Geregshof teen Israel oor die volksmoord in Gaza blameer vir spanning tussen die lande. Sanksies is teen Suid-Afrika ingestel en befondsing is gesny.

Suid-Afrika het die bewerings ontken en het gesê dit is disinformasie.

Bronne: Die Presidensie

Lees ook: Cyril Ramaphosa en Donald Trump stem in tot verbetering van SA/VSA-bande

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief