Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte in hegtenis vir dreigemente teen die president, Kaapstad-burgemeester en maatskappyhoof

Verdagte in hegtenis vir dreigemente teen die president, Kaapstad-burgemeester en maatskappyhoof

fotokrediet: Canva
Verdagte in hegtenis vir dreigemente teen die president, Kaapstad-burgemeester en maatskappyhoof fotokrediet: Canva

’n Verdagte (28) is Vrydag in Germiston vir dreigemente teen die president van Suid-Afrika, die Kaapstadse burgemeester en ’n maatskappyhoof in hegtenis geneem.

Lees ook: Billy Joel kanselleer toer na breindiagnose

Die hoof van ’n maatskappy in Kaapstad het Maandag (12 Mei) glo ’n stemboodskap van die verdagte ontvang wat dreigemente teen pres. Cyril Ramaphosa gemaak het. Die verdagte het glo ook verskeie dreigende boodskappe oor die maatskappyhoof, haar familie en die burgemeester van Kaapstad gestuur.

Die saak is by die Valke se eenheid vir misdaad teen die staat aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem en word tans na Kaapstad vervoer. Hy sal Maandag (26 Mei) in die Kaapstad-landdroshof op aanklagtes van intimidasie verskyn.

Bron: SAPD

Lees ook: Billy Joel kanselleer toer na breindiagnose