Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte in hegtenis vir dood van wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh

Verdagte in hegtenis vir dood van wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh

fotokrediet: X
Verdagte in hegtenis vir dood van wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh fotokrediet: X

INDIЁ. – Die polisie in Indië het ’n man in hegtenis geneem vir die dood van Fauja Singh, die wêreld se oudste marathonatleet.

Lees ook: Wêreld se oudste marathondeelnemer dood op 114 ná voertuig hom raakry

Singh is Maandag raakgery terwyl hy op pad was na ’n eetplek. Hy was 114 jaar oud.

Volgens die polisie het die verdagte, Amritpal Singh Dhillon, gejaag toe hy Singh raakgery het. Hy het daarna weggejaag. Singh is kritiek beseer en is oorlede kort nadat hy na ‘n hospitaal geneem is.

Dhillon is by sy huis in hegtenis geneem en die voertuig waarmee hy gery het, is ook gekry. Die polisie het gesê Singh kon oorleef het as Dhillon hom self hospitaal toe geneem het.

Bronne: BBC, Times of India, The Independent

Lees ook: Wêreld se oudste marathondeelnemer dood op 114 ná voertuig hom raakry