INDIЁ. – Die wêreld se oudste marathondeelnemer, Fauja Singh is in die ouderdom van 114 dood nadat hy deur ’n voertuig getref is.
Lees ook: Geen oorlewendes ná vliegtuig by Southend-lughawe neerstort
Singh, ’n Britse atleet, is dood nadat hy gister in sy tuisdorp Beas Pind deur ’n voertuig raakgery is terwyl hy ’n pad probeer oorsteek het.
Sy Londen-gebaseerde hardloopklub, Sikhs In The City, het sy dood bevestig en gesê hulle komende geleenthede sal ’n viering van sy lewe wees.
Singh het aan verskeie marathons deelgeneem, selfs ná hy 100 geword het. Hy is op 1 April 1911 in Punjab gebore terwyl dit onder Britse heerskappy was. As kind het hy dun en swak bene gehad en eers begin loop toe hy vyf jaar oud was.
Hy het in 2000 aan marathons begin deelneem toe hy al 89 jaar oud was.
Bronne: Daily Mail, Sky News, SportStar
Lees ook: Geen oorlewendes ná vliegtuig by Southend-lughawe neerstort





