Brekende Nuus
Afrikaans

FlySafair kanselleer nóg vlugte weens vlieënierstaking

Nog vlugte gekanselleer weens vlieënierstaking

fotokrediet: X
Nog vlugte gekanselleer weens vlieënierstaking fotokrediet: X

FlySafair het bevestig nóg vlugte is weens die vlieënierstaking gekanselleer.

Lees ook: FlySafair-vlieëniers begin staking, vlugte gekanselleer

Vlug FA327 – 16:45 CPT – HLA is gekanselleer, asook vlug FA326 – 19:30 HLA – CPT.

FlySafair het gesê stappe is in plek geplaas om mense te help wie se vlugte gekanselleer is. Al die ander vlugte sal na verwagting aangaan soos geskeduleer.

Van die FlySafair-vlieëniers staak oor onder andere salarisverhogings en werkroosters nadat onderhandelings verlede week ’n dooiepunt bereik het.

Bronne: FlySafair

Lees ook: FlySafair-vlieëniers begin staking, vlugte gekanselleer