FlySafair-vlieëniers begin staking, vlugte gekanselleer

Lees ook :

FlySafair-vlieëniers begin staking, vlugte gekanselleer fotokrediet: X

FlySafair het bevestig die meeste van hulle vlugte gaan vandag voort soos geskeduleer, maar verskeie vlugte is gekanselleer as gevolg van die staking deur van hulle vlieëniers.

Lees ook: Salarisonderhandelinge by FlySafair op dooiepunt – vlieëniers gereed om te staak

Volgens die lugredery is die vlugte wat gekanselleer is, van vlieëniers wat bevestig het hulle is beskikbaar om te vlieg, maar wat oor die naweek gesê het hulle sal nie vlieg nie.

FlySafair het gesê die ander vlugte verloop soos beplan en kliënte wie se vlugte gekanselleer is, is in kennis gestel.

Die vlieënierstaking gaan oor salarisse en skedulering. Volgens FlySafair het Solidariteit ’n 10.5% salarisverhoging vir vlieëniers geëis, met addisionele betaling vir vlugte en bonusse.

FlySafair het ’n verhoging van 5.7% aangebied, met ander voordele, insluitend ’n vlugbetaling gebaseerde bonus.

Die vlieënierroosterstelsel wat wêreldwyd gebruik word, voorsien die vlieëniers van hulle volledige maandelikse roosters teen die 20ste van die maand sodat vlieëniers hulle beplanning kan doen en kan uitruil as dit nodig is.

FlySafair het gesê enige poging deur Solidariteit om die stelsel te verander, sal die hoofvoordele daarvan wegstroop, asook FlySafair se vermoë om met ander lugrederye mee te ding en om koste-effektief te bly.

FlySafair het gesê dit gaan met die vlieëniers saamwerk om ’n pad vorentoe te vind wat regverdigheid aan hulle werkers met die verantwoordelikheid aan hulle kliënte en die volhoubaarheid van die besigheid balanseer.

Bronne: FlySafair

Lees ook: Salarisonderhandelinge by FlySafair op dooiepunt – vlieëniers gereed om te staak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief