Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou beseer toe bus se wiel oor haar ry

Vrou beseer toe bus se wiel oor haar ry

fotokrediet: Rusa
Vrou beseer toe bus se wiel oor haar ry fotokrediet: Rusa

TONGAAT, KZN. – Reaksie-eenheid SA (Rusa) is geskakel nadat ‘n vrou (64) gister in Tongaat deur ‘n bus raakgery is.

Lees ook: Sokkerspeler sterf kort ná wedstryd

Die vrou het van die bus afgeklim en was op die sypaadjie toe sy skielik gegly het. Die bus het in dié stadium reeds begin beweeg en die regterwiel het oor haar been gery en haar enkel gebreek.

Sy is deur paramedici van ‘n privaat ambulansdiens gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.

Bron: Rusa

Lees ook: Sokkerspeler sterf kort ná wedstryd