GAUTENG. – Die nasionale verbruikerskommissie (NVK) het aangekondig dat sekere Ford-, Nissan- en Citroën-modelle in Suid-Afrika teruggeroep word.
Volgens ‘n verklaring het Ford SA aangedui sekere voertuie van Ford, Mustang, Everest, Ranger, Transit Custom (2021–2025) elektroniese probleme ondervind. Met dieselfde voertuie en die Ecosport (2019 – 2023) kan probleme met die aansitter ondervind word, terwyl die Ranger Wildtrak (2025) se ratkas nie aan spesifikasies voldoen nie.
Nissan het aangedui die Qashqai (2021–2024) het moontlik foutiewe battery-aansluitings wat oorverhitting kan veroorsaak.
Stellantis het op sy beurt gesê die Citroën C4, DS4 en DS5 (2009–2016) se bestuurder-lugsak kan skeur en metaaldeeltjies in die kajuit loslaat wat dood of besering kan veroorsaak.
Eienaars word aangeraai om hierdie voertuie na hul gemagtigde handelaars te neem.
Druk hier om die volledige verklaring te lees.
