Brekende Nuus
Afrikaans

Huisbrand in Amandasig eis kinders se lewens

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die liggame van twee kinders is Dinsdagaand tydens ’n huisbrand in Amandasig, noord van Pretoria, gevind.

Lindsay Zwelithini Mnguni, waarnemende woordvoerder vir die Stad Tshwane se nooddienste, sê in ‘n verklaring ’n derde kind met geringe beserings is deur privaat mediese dienste na ’n nabygeleë mediese inrigting geneem.

Brandbestrydingspanne van die Rosslyn- en Wonderboom-brandweerstasies het die brand geblus. Die oorsaak van die brand word ondersoek.