Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf mense dood, insluitend kinders, nadat Israel Libanon aanval

Vyf mense dood, insluitend kinders, nadat Israel Libanon aanval

fotokrediet: X
Vyf mense dood, insluitend kinders, nadat Israel Libanon aanval fotokrediet: X

LIBANON. – Die Libanon gesondheidsministerie het gesê vyf mense, insluitend drie kinders, is gister dood in ‘n Israeliese hommeltuigaanval op Libanon. Daar is twee mense in die aanval beseer.

Lees ook: Katar hou noodvergadering oor Israel se aanval op Doha

Die Israeliese weermag het gesê dit het ‘n Hezbollah-agent geteiken in Bint Jbeil, maar het erken verskeie burgers is ook in die aanval dood.

Die weermag het in ‘n verklaring gesê: “Die Israelie weermag is spyt oor enige skade aan onbetrokke mense en werk om skade te beperk soveel as moontlik. Die voorval word ondersoek”.

Plaaslike nuus in Libanon het gesê ‘n hommeltuig het twee vuurpyle gevuur op ‘n motorfiets en Mercedes-voertuig. ‘n Pa en sy kinders is dood nadat die voertuig getref is en die ma en oudste dogter is in die hospitaal. Die motorfietsryer wat glo die teiken was, is ook dood.

Bronne: Euronews, CNN, The Citizen

Lees ook: Katar hou noodvergadering oor Israel se aanval op Doha