Brekende Nuus
Afrikaans

14-jarige oorhandig ná skietvoorval waarin 11-jarige sterf

Foto: SAPD
Foto: SAPD

OOS-KAAP. – ‘n Seun (14) van PhezukweWilo is Donderdag deur sy pa aan die Kwaaiman-polisiekantoor oorhandig nadat hy na bewering Woensdag ’n 11-jarige seun met sy pa se tuisgemaakte vuurwapen doodgeskiet het.

Volgens kapt. Welile Matyolo het die voorval omstreeks 10:30 plaasgevind. Kwaaiman-polisie is na die toneel ontbied en het die 11-jarige seun in een van die huise dood aangetref. Dit word beweer dat die 14-jarige seun sy pa se tuisgemaakte vuurwapen gebruik het. Die pa het aan die polisie gesê hy het die gelaaide vuurwapen in ’n laai gelos toe hy dorp toe is.

Voordat die seun Donderdag oorgegee is, het die polisie het na hom met die vuurwapen gesoek. ’n Saak van moord is geopen en die ondersoek duur voort.

Matyolo sê aanklagte teen die pa kan nie uitgesluit word nie.