MPUMALANGA. – Altesaam 20 veiligheidsbeamptes is in die Nelspruit-landdroshof gevonnis nadat hulle met vervalste bevoegdheidsertifikate betrap is. Hulle is vonnisse van 6 tot 12 maande tronkstraf opgelê, met die opsie om boetes van tussen R2 000 en R10 000 te betaal.
Volgens lt.kol. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die Valke, het die veiligheidsbeamptes, mans tussen 37 en 62 jaar oud, op verskillende datums in die hof verskyn. Negentien van hulle – Thulani Mndawe (51), Frank Ndlovu (46), Derrick Shongwe (48), Thomas Ngomane (62), January Sithole (46), Issac Ndzuza (47), Smangele Mndawe (46), Nicholas Mashaba (37), Petrus Dube(56), Phumulani Mbuyisa (43), David Sikhwela (54), Bongani Mbonani (50), Patrick Nkosi (44), Sipho Singwane (52), Fana Motha (46), March Shongwe (55), Petrus Ngqane (55), Peter Nyalunga (62), Karlos Mathenjwa (42) en Nollen Nkambule (57) – het skuld erken en is gevonnis met die keuse om boetes te betaal. Bongani Mbonani het onskuldig gepleit, maar is skuldig bevind en tot 12 maande gevangenisstraf of ’n boete van R10 000 gevonnis.
Nádat inligting oor beweerde korrupte praktyke ontvang is, is Operasie COBRA geloods wat tot die inhegtenisnemings en uiteindelike vonnisse gelei het. Genl.maj. Nico Gerber het G4S-veiligheidsmaatskappy bedank vir die aanmeld van die voorval.