Brekende Nuus
Afrikaans

Leeu maak dieretuinwerker dood

Die universiteit het gesê die werker se kollegas kon hom nie red nie, want hy was reeds noodlottig gewond.

Leeu maak dieretuinwerker dood

fotokrediet: Canva
Leeu maak dieretuinwerker dood fotokrediet: Canva

Lees ook: ANC het kaderrekords aan DA oorhandig

NIGERIЁ. – ‘n Werker by ‘n Nigeriese universiteit is dood terwyl hy besig was om die leeus in die universiteit se dieretuin te voer.

Olabode Olawuyi was besig om die leeus, wat hy vir die laaste nege jaar versorg het, te voer toe een van die mannetjieleeus hom aangeval het. Die universiteit het gesê sy kollegas kon hom nie red nie, want hy was reeds noodlottig gewond.

Die leeu is sedertdien op ‘n menslike manier uitgesit. Dit is onbekend hoekom die leeu Olawuyi aangeval het.

Bronne: BBC, The Nigerian Voice, Yahoo News

Lees ook: ANC het kaderrekords aan DA oorhandig