Lees ook: Eiffel-toring steeds gesluit weens staking
GAUTENG. – Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het bevestig e-tol in die provinsie sal so vroeg as volgende maand afgesit en geskrap word.
Hy het tydens sy provinsiale rede gesê die skrapping van e-tol sal na verwagting 31 Maart begin. Lesufi het mense se verwerping van die stelsel erken en het gesê die minister van finansies sal môre meer inligting daaroor kan gee.
Hy het nie gesê of motoriste wat betaal het vir e-tol hulle geld sal terugkry nie.
Bronne: SABC, My Broadband, The Citizen
Lees ook: Eiffel-toring steeds gesluit weens staking
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: