Brekende Nuus
Afrikaans

Verkiesingsdatum aangekondig: 29 Mei 2024

President Ramaphosa het burgers wat nog nie geregistreer het nie, aangemoedig om aanlyn te registreer.

Die algemene verkiesing sal op 24 Mei 2024 plaasvind. Foto en Illustrasie: ANC en Canva
Die algemene verkiesing sal op 24 Mei 2024 plaasvind. Foto en Illustrasie: ANC en Canva

SUID-AFRIKA. – President Cyril Ramaphosa het vandag die amptelike algemene verkiesingsdatum aangekondig. Die 2024- algemene verkiesing sal op Woensdag 29 Mei 2024 plaasvind.

Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het president Ramaphosa die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) rakende die verkiesingsdatum geraadpleeg. Daar is ook met al nege provinsies se premiers oor die land se gereedheidsvlak vir die verkiesings vergader.

Die 2024-verkiesings val saam met Suid-Afrika se feesviering van 30 jaar van demokrasie. Daar word ’n beroep op alle burgers gedoen wat mag stem om ten volle aan die belangrike mylpaal op die land se demokratiese kalender deel te neem.

President Ramaphosa het burgers wat nog nie geregistreer het nie, aangemoedig om aanlyn te registreer.

Bron: Presidensie van die Republiek van Suid-Afrika, Twitter