Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Devon Hofmeyr bedank Bittereinders, nou UIM se nasionale jeugleier

Devon Hofmeyr het die Bittereinders bedank en is kort gelede as die UIM se nasionale jeugleier aangekondig.

Foto UIM Facebook-blad
Foto UIM Facebook-blad

Devon Hofmeyr het in ‘n video-opname (hier bo) verduidelik waarom hy besluit het om die Bittereinders te verlaat.

Hofmeyr is so pas in ‘n verklaring as die nasionale jeugleier van die UIM (United Independent Movement) voorgestel.

“Ek is opgewonde oor hierdie nuwe pad vorentoe. My pad in politiek gaan ‘n uitdaging wees, maar tog die moeite werd.”

Steve Hofmeyr het gesê: “Hy verras my. Elke keer. Maar ek steun hom in sy besluite.”