Brekende Nuus
Afrikaans

Jong meisies word gesoek – ouers baklei oor voogskap

Twee meisies wie se ouers klaarblyklik in 'n geding vir voogskap in die hooggeregshof betrokke is, word gesoek.

Foto: Missing Children South Africa
Foto: Missing Children South Africa

Rei Manuel (5) en Sarah-Leigh Manuel (6) is op 8 Februarie laas in Braamfontein by ‘n busterminaal wat onderweg was na Zimbabwe gesien.

Dit is onbekend of die meisies in Suid Afrika of in Zimbabawe is. Die kinders se ouers is in ‘n hooggeregshofgeding oor voogskap gewikkel.

Enigiemand wat weet waar hulle hul bevind, kan Vishoek-polisiestasie by 021 954 9000 bel. Alernatiewelik kan Missing Children South Africa by 072 647 7464 gebel word.