Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: ‘n Niggie en neef voor skool in Brits ‘ontvoer’

'n Niggie en haar neef is vanoggend onderweg skool toe in Hartbeespoortdam deur verdagtes in Brits voor 'n laerskool ontvoer.

Foto: IOL
Foto: IOL

NOORDWES. – Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19), ‘n niggie en haar neef, is glo vanoggend deur drie onbekende verdagtes voor ‘n laerskool in Brits ontvoer.

Lt.kol. Amanda Funani sê verslae dui aan die twee het in ‘n Mercedes-Benz van Bataviya se huis in Brits gery en was onderweg skool toe in Hartbeespoortdam. ‘n Maroenkleurige Audi A3 het hulle glo voor die laerskool van voor gestamp, sodat hulle moes stilhou. Na bewering het twee verdagte mans uit die Audi geklim en die twee slagoffers in ‘n wit Volkswagen Polo GTI, wat agter die Audi was, gedwing. Die verdagtes het ook in die Volkswagen geklim en weggery.

Funani sê die slagoffers en verdagtes se voertuie is op die toneel gevind.

Enigiemand met inligting oor waar die neef en niggie hulle bevind, kan brig. Ellen Emmanuel, die stasiebevelvoerder van Brits, by 082 449 7447 bel.