Brekende Nuus
Afrikaans

Polisielid van diens trek verdagte gewapende rower met privaat voertuig vas

'n Polisielid wat besig was om te oefen, het Woensdag 'n verdagte ná 'n beweerde gewapende roof vasgetrek.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Polisielid wat Woensdag omstreeks 18:15 besig was om te oefen, het bewus geword van ‘n vrou wat in Mgwalanastaat daar naby van ‘n selfoon beroof word. Die lid het die verdagte (32) sien hardloop en hom dadelik in sy privaat voertuig gevolg.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die verdagte het na bewering ná die roof in ‘n grys Toyota Tazz gespring, maar die polisieman het die motor gestop. Die verdagte is as die rower geïdentifiseer en ‘n 9 mm-pistool, ‘n rondte ammunisie en die gesteelde selfoon is by hom gevind.

Motherwell se taktiese reaksie-eenheid, asook die misdaadvoorkomingseenheid het op die klagte reageer en die verdagte is in hegtenis geneem en die nodige beslagleggings is gedoen.

Die verdagte het vir aanklagte van roof met ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in die Motherwell-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Vuyisile Ncata het die lid geprys wat van diens was en steeds gewerk het om sy gemeenskap se veiligheid te verseker.

“His swift action and bravery in apprehending the suspect while off duty exemplifies the highest standards of dedication and loyalty.”