Brekende Nuus
Afrikaans

DA doen aansoek om ANC van minagting van die hof aan te kla

Die ANC het glo slegs dele van die rekords aan die DA oorhandig.

DA doen aansoek om ANC van minagting van die hof aan te kla fotokrediet: Canva
DA doen aansoek om ANC van minagting van die hof aan te kla fotokrediet: Canva

Lees ook: DA gaan weer hof toe oor kaderontplooiingsrekords

Die DA het Maandag ’n dringende aansoek gedoen om die ANC oor minagting van die hof aan te kla. Dit volg na hulle glo nie al hulle kaderontplooiingsrekords oorhandig het nie.

Leon Schreiber, DA-lid van parlement, het gesê die konstitusionele hof het dit duidelik gemaak die ANC moet al hulle rekords oorhandig. Die ANC het glo slegs dele van die rekords aan hulle oorhandig.

Fikile Mbalula, ANC-sekretaris-generaal, het voorheen gesê daar is nie rekords vir die vergaderings nie.

Schreiber het gesê hulle het na die hof gegaan, want die ANC moet verduidelik hoe hulle mense in senior posisies in die regering ontplooi het. Hy het gesê hulle wil hê die ANC moet skootrekenaars en hardeskywe oorhandig sodat ’n IT-kenner kan sê of die rekords verwyder is.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, DA.org

Lees ook: Be a part of the DA’s march to legislature