Lees ook: Laaste verdagte in AKA-saak in hegtenis
GAUTENG. – Die DA gaan weer hof toe oor die ANC se kaderontplooiingsrekords. Hulle sê hulle glo nie die ANC het al die dokumente oorhandig nie.
Volgens die DA gaan hulle terug na die Konstitusionele Hof om die res van die dokumente te kry.
Hulle wil hê die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, moet aangekla word van minagting van die hof omdat hy na bewering nie al die dokumente aan hulle oorhandig het nie.
Die ANC het gesê kaderontplooiing word globaal aanvaar en dit gaan nie verder kommentaar lewer op die DA se “drama” nie. Hulle het ook gesê die DA maak self gebruik van kaderontplooiing.
Bronne: eNCA, Polity, Briefly
Lees ook: Laaste verdagte in AKA-saak in hegtenis





