Brekende Nuus
Afrikaans

Persoon geskiet in beweerde gewapende roof

Twee persone was glo op pad om kos te gaan koop.

Gewapende roof laat een gewond. Foto: IPSS Medical Rescue
Gewapende roof laat een gewond. Foto: IPSS Medical Rescue

STANGER, KZN. – Een persoon is Saterdagoggend tydens ’n beweerde rooftog in Stanger gewond.

Volgens IPSS Medical Rescue het hulle inligting van ’n skietvoorval ontvang. Met hulle aankoms op die toneel het hulle twee persone aangetref wat na bewering op pad om kos te koop deur vier verdagtes beroof is.

Een van die twee het ’n skietwond opgedoen. IPSS Medical Rescue het noodhulp toegepas voordat die beseerde na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die SAPD ondersoek die voorval.

Bronne: IPSS Medical Rescue, Arrive Alive