Brekende Nuus
Afrikaans

Voertuig meters teen wal af

'n Voertuig is Sondagaand meters ver teen 'n wal af, waarna die bestuurder bevry moes word.

Foto: Reaction Unit South Africa
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Silwerkleurige Toyota Fortuner is Sondagaand nadat dit onverklaarbaar die pad byster geraak het op die M27 in die Waterloo-area verskeie meters teen ‘n wal af.

Reaction Unit South Africa sê hulle is na 21:00 na die toneel ontbied waar die bestuurder van die Fortuner in die voertuig vasgekeer was.

Ethekwini se brand-en-reddingsdienste het op die toneel aangekom om die bestuurder te bevry.

Omstandighede van die ongeluk is nie bevestig nie.