Brekende Nuus
Afrikaans

Skulderkennings kan gebruik word in Senzo Meyiwa-moordsaak

Regter Ratha Mokgathleng het beslis die twee verdagtes het vrylik en willekeurig skuld erken op die moord op Meyiwa in 2014.

Skulderkennings kan gebruik word in Senzo Meyiwa-moordsaak

fotokrediet: Skermgreep
Skulderkennings kan gebruik word in Senzo Meyiwa-moordsaak fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’

PRETORIA. – Die regter in die Senzo Meyiwa-moordsaak het bevind die skulderkennings van beskuldigde een en twee kan in die verhoor gebruik word.

Regter Ratha Mokgathleng het beslis die twee verdagtes het vrylik en willekeurig skuld erken op die moord op Meyiwa in 2014.

Die verdagtes het voorheen gesê hulle is aangerand en gedwing om skuld te erken. Regter Mokgathleng het gesê dit is onwaar en die skulderkennings is in die bewyse bygevoeg.

Bronne: SABC, IOL, The Citizen

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’