GAUTENG. – Die polisie het ‘n verdagte, vermoedelik die meesterbrein agter blouligrooftogte, vroegoggend in Dawn Park, Ekurhuleni, by sy huis in hegtenis geneem.
Lt.kol. Mavela Masondo sê die verdagte het glo blou ligte, ‘nverkeerspolisie-uniform en kentekens van Gauteng, Mpumalanga en Madibeng, ‘n pistool, ‘n ongelisensieerde hoëkaliber-geweer, ammunisie, vals nommerplate van ‘n staatsvoertuig en ‘n voertuig wat na vermoede gekaap is, in sy besit gehad.
Nasionale Intelligensie het inligting gedeel en ‘n operasie is deur verskeie polisie-eenhede en rolspelers uitgevoer. Die verdagte is in hegtenis geneem en onder meer aangekla vir die beweerde besit van ongelisensieerde vuurwapens, ‘n gekaapte voertuig, ammunisie en nog ander klagtes.
Lt.genl. Tommy Mthombeni het die suksesvolle operasie en aankeer van die verdagte geprys.
“The arrest of this suspect might help us in resolving lots of cases where motorists were robbed by a gang that was utilising blue lights and impersonating police officers.”
Met die ondersoek wat voortduur, bestaan ‘n moontlikheid van meer inhegtenisnemings.