Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Wolkbreuk oor Potchefstroom

Fanie du Toit van die Vryheidsfront Plus het bevestig die N12 buite Potchefstroom, rigting Ikageng, is heeltemal oorspoel.

Kyk Wolkbreuk oor Potchefstroom. Foto: André van Rensbrug
Kyk Wolkbreuk oor Potchefstroom. Foto: André van Rensbrug

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – ’n Erge haelstorm en wolkbreuk het Maandagmiddag oor Potchefstroom uitgesak.

Die hael het teen 17:00 geval nadat dit heeldag volgens inwoners “baie warm” was. Beeldmateriaal op sosiale media wys hoe van die strate, waaronder Chief Albert Luthuli-rylaan, verspoel is.

Die NWU se Fanie du Toit-sportterrein sowel as Laerskool Mooirivier se velde is onder water.

Fanie du Toit van die Vryheidsfront Plus het bevestig die N12 buite Potchefstroom, rigting Ikageng, is heeltemal oorspoel. Waarskuwingsborde is vir motoriste opgesit.

Tshwane-munisipaliteit het Maandagaand ’n waarskuwing aan inwoners van Gauteng uitgereik rakende sterk wind, hael en weerlig wat oor die provinsie ervaar is.

Inwoners het die volgende beeldmateriaal op sosiale media gedeel:

Foto: André van Rensburg
Foto: Jaap Wessels

Bronne: Facebook, Twitter, Vryheidsfront Plus