Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-verdagtes se borgaansoek tot Dinsdag uitgestel

Die ondersoekbeampte het in sy verklaring genoem die verdagtes is in CCTV-beeldmateriaal gesien.

AKA-verdagtes se borgaansoek uitgestel tot Dinsdag

fotokrediet: Facebook
AKA-verdagtes se borgaansoek uitgestel tot Dinsdag fotokrediet: Facebook

Lees ook: Verdagtes in AKA-moord deur selfone aan ‘moordtoneel verbind’

DURBAN. – Die borgaansoek van vyf van die verdagtes vir die moord op AKA en Tibz is tot Dinsdag uitgestel.

’n Beëdigde verklaring is gister in die hof gelees van die ondersoekbeampte wat verduidelik die verdagtes is aan die misdaadtoneel met hulle selfone verbind. Hy het ook in die verklaring gesê hulle is in CCTV-beeldmateriaal gesien.

Die staat sal volgende week slotargumente aanbied oor hoekom die verdagtes nie moet borg kry nie.

Bronne: eNCA, IOL, SABC

Lees ook: Verdagtes in AKA-moord deur selfone aan ‘moordtoneel verbind’