Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagtes in AKA-moord deur selfone aan ‘moordtoneel verbind’

Die ondersoekbeampte, Kumaran Pillay, het in sy beëdigde verklaring gesê die verdagtes se selfoonrekords het hulle naby die misdaadtoneel geplaas.

Verdagtes in AKA-moord verbind aan moordtoneel deur selfone

fotokrediet: Facebook
Verdagtes in AKA-moord verbind aan moordtoneel deur selfone fotokrediet: Facebook

Lees ook: AKA-verdagtes vandag weer in die hof

DURBAN. – Vyf van die verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane is vandag in die hof vir hulle borgaansoeke.

Die ondersoekbeampte, Kumaran Pillay, het in sy beëdigde verklaring gesê die verdagtes se selfoonrekords het hulle naby die misdaadtoneel geplaas. Daar is ook CCTV-beeldmateriaal wat die mans aan die moorde verbind.

In die verklaring het Pillay gesê vier van die vyf verdagtes het glo die dag van die moorde vuurwapens en die voertuig wat later die dag gebruik is, gaan haal.

Pillay het gesê verdagtes een, twee, vier en vyf was deel van die groep wat die voertuig en vuurwapens gaan haal het. Hulle het glo naby Jacobs op die M4-hoofweg ontmoet om die wapens en voertuig te kry.

Die voertuig is twee maande na die moorde in Cato Ridge gekry.

Bronne: SABC, EWN, Jacaranda FM

Lees ook: AKA-verdagtes vandag weer in die hof