Brekende Nuus
Afrikaans

Agt dood in beweerde Israeliese lugaanval

Die leier van die Iranse Revolutionary Guard Corps is glo in die aanval dood.

Agt dood in beweerde Israeliese lugaanval

fotokrediet: Canva
Agt dood in beweerde Israeliese lugaanval fotokrediet: Canva

Lees ook: Ierland gaan ingryp in saak teen Israel in Internasionale Geregshof

DAMASKUS, SIRIЁ. – Agt mense is dood in ’n beweerde Israeliese lugaanval op die Iranse konsulaat in Damaskus.

Die leier van die Iranse Revolutionary Guard Corps is glo in die aanval dood. Reza Zahedi, ’n senior weermagbeampte en die voormalige hoof van Tehran se lugmag, is glo in die aanval geteiken.

Verskeie nuusagentskappe het berig die Iranse konsulaat en die woning van die konsul was teikens. Die konsul en sy familie is ongedeerd. Israel het geen kommentaar oor die aanval gelewer nie.

Berig aangepas soos nuwe inligting ontvang is.

Bronne: Reuters, News18, Daily Mail, Express

Lees ook: Ierland gaan ingryp in saak teen Israel in Internasionale Geregshof