Brekende Nuus
Afrikaans

Zuma en MK-party gaan appelleer teen OVK se besluit

Zuma is voorheen tot 15 maande tronkstraf gevonnis.

Zuma en MK Party gaan appelleer teen OVK se besluit

fotokrediet: Wikipedia
Zuma en MK Party gaan appelleer teen OVK se besluit fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Jacob Zuma verban van deelname aan verkiesing

Die MK-party het gister die papierwerk ingehandig om teen die OVK se besluit aangaande Jacob Zuma se kandidaatskap te appelleer. Dit na die OVK gesê het Zuma kan nie as kandidaat staan nie weens sy misdaadrekord.

Zuma is voorheen tot 15 maande tronkstraf gevonnis.

Die MK-party het gesê hulle glo nie Zuma het enigiets verkeerd gedoen nie en hy het ’n reg om hulle verkiesingskandidaat te wees. Volgens die party het die OVK nie die jurisdiksie om te besluit wie ’n kandidaat mag wees nie.

Zuma het tot gister kans gehad om te appelleer teen die OVK se besluit om hom van die kandidaatlys te verwyder. Die verkiesingshof sal volgende week ‘n besluit oor die aangeleentheid neem.

Bronne: IOL, EWN, The Citizen

Lees ook: Jacob Zuma verban van deelname aan verkiesing