Jacob Zuma verban van deelname aan verkiesing

Lees ook :

Jacob Zuma verban van deelname in verkiesing
Jacob Zuma verban van deelname in verkiesing fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: MK Party gee FNB sewe dae om Zuma se rekeninge te ‘heropen’

Die voormalige president, Jacob Zuma, het tot vandag om teen die OVK se besluit dat hy nie as ’n kandidaat in die verkiesing mag deelneem nie, te appelleer.

Jacob Zuma se misdaadrekord is een van die redes waarom hy nie as ’n kandidaat mag staan nie. Die reël is dat iemand wat skuldig bevind is en tot meer as 12 maande tronkstraf gevonnis is sonder die opsie vir ’n boete nie as ’n kandidaat kwalifiseer nie.

Zuma is in 2021 tot 15 maande tronkstraf gevonnis na hy skuldig bevind is aan minagting van die hof.

Die OVK het besware ontvang teen Zuma se kandidaatskap en het dit in ag geneem. Die MK-party het reageer deur te sê Zuma sal parlement toe gaan, selfs al beteken dit die grondwet moet aangepas word.

Bronne: Algoa FM, The Citizen, BBC

Lees ook: MK Party gee FNB sewe dae om Zuma se rekeninge te ‘heropen’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief