Brekende Nuus
Afrikaans

Zuma kan vandag hoor oor kandidaatskap

Die MK-party het in die hof aangevoer die OVK het nie die reg om te besluit wie as ’n kandidaat gekies kan word nie.

Zuma kan vandag hoor oor kandidaatskap

fotokrediet: Wikipedia
Zuma kan vandag hoor oor kandidaatskap fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: MK-party in hof oor Zuma se kandidaatskap

Die verkiesingshof sal na verwagting vandag besluit of Jacob Zuma aan die verkiesing as ’n kandidaat kan deelneem.

Dit volg na die MK-party ’n aansoek gedoen het om teen die OVK se besluit om Zuma as kandidaat te verwyder te appelleer.

Die MK-party het in die hof aangevoer die OVK het nie die reg om te besluit wie as ’n kandidaat gekies kan word nie.

Zuma is as kandidaat verwyder oor sy vonnis van 15 maande tronkstraf. Die OVK het beslis Zuma kan as gevolg van sy misdaadrekord nie as kandidaat staan nie.

Bronne: The Citizen, IOL, All Africa

Lees ook: MK-party in hof oor Zuma se kandidaatskap