Die rolprentvervaardigers Universal Pictures en Working Title het Dinsdag ’n opvolgfliek in die Bridget Jones’s Diary-reeks bevestig. Bridget Jones’s: Mad about the boy word in Februarie 2025 vrygestel met Renée Zellweger wat weer die hoofrol gaan vertolk.
Hugh Grant gaan ook weer in die fliek te sien wees, terwyl Colin Firth, wat die bekende Mark Darcy-karakter vertolk het, nie in die nuutste fliek ingesluit is nie.
Die eerste Bridget Jones’s-fliek is in 2001 uitgereik. Dit is nog nie bevestig of die storielyn van die fliek dieselfde as die boekweergawe, met dieselfde titel, gaan wees nie.
Emma Thompson, Chiwetel Ejiofor en Leo Woodall is die nuutste toevoegings tot die rolverdeling.
Bronne: USA Today, Sky News, LA Times