Brekende Nuus
Afrikaans

Ma en dogter van Upington vermis

Die Upington-polisie vra die publiek se hulp om 'n vermiste ma en dogter op te spoor.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Sharuzaan Losper (25) en haar dogter Sharo-Dee Losper (8) is sedert 25 Maart van hul huis in Louisvaleweg, Upington, vermis.

Sers. Omphile Masegela sê die publiek word versoek om te help om hulle op te spoor.

Die ma was die laaste keer wat sy opgemerk was in ‘n swart legging en groen hemp geklee. Haar dogter het ‘n swart kortbroek en geel T-hemp aangehad.

Masegela sê hulle het die huis verlaat sonder om iemand te sê hulle gaan en het nog nie weer by die huis opgedaag nie.

Enigiemand met inligting oor waar hulle is, kan sers. Tsaone Mocware by 082 495 4615 bel.