Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur

Volgens inligting is die winkelsentrum gesluit sodat die skade bepaal kan word.

Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur. Foto: X
Kyk: Winkelsentrum in Lesotho loop onder storm deur. Foto: X

LESOTHO. – Dit is nie net Suid-Afrika wat die afgelope ruk verwoestende weerstoestande beleef nie. ’n Video word op sosiale media versprei van die Maseru Mall in Lesotho wat ernstige skade tydens ’n storm opgedoen het.

Die winkelsentrum is tans gesluit sodat die skade bepaal kan word. Verskeie motors het ook skade opgedoen. Volgens die kommentaar op die video het die storm met hael gepaardgegaan.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media geplaas:

Bron: X