Brekende Nuus
Afrikaans

Vermeende verdagte tydens skietery met polisie dood

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Onbekende verdagte (23) is Vrydag omstreeks 11:00 tydens ‘n skietery met die polisie in die Levubu-polisiëringsgebied dood. Die polisie het op ‘n sakeroofklagte reageer.

Brig. Hlulani Mashaba sê die lede is ingelig drie onbekende verdagte mans het glo ‘n winkeleienaar van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Hulle het met sy voertuig weggejaag. Die polisielede het in die rigting van Tshakhuma gery en die verdagtes langs ‘n kerk opgespoor. Die verdagtes het glo op die polisielede geskiet. Daar is teruggeskiet en een verdagte is noodlottig gewond. ‘n Ander verdagte het ontvlug en nog een (32) is in hegtenis geneem. Die oorledene het glo ‘n vuurwapen in sy besit gehad.

‘n Polisielid wat raakgeskiet is, is in ‘n hospitaal opgeneem. Nog ‘n polisielid is lig beseer.

Die polisie is op soek na die derde verdagte.

Enigiemand wat die polisie kan help om die oorledene te identifiseer of inligting van die gesoekte verdagte het, word versoek om sers. Madzivhandila Nyambeni by 082 319 9622 te bel.