Afrikaans is vandag 99 jaar gelede op 8 Mei 1925 as een van die amptelike tale van Suid-Afrika erken. Hier is ’n paar interessanthede waarvan jy dalk nie geweet het nie.
- Afrikaans het meer as 7 m. sprekers, wat dit die derde grootste taal in die land maak.
- Afrikaans is die enigste taal ter wêreld wat met monumente vereer is.
- Daar is meer Suid-Afrikaners met Afrikaans as hulle huistaal, as Engels.
- Meer as 95% van Afrikaans se woordeskat is vanaf Nederlandse oorsprong.
- Sommige Afrikaanse woorde het hul herkoms in Maleis, Portugees en Khoi-Khoi.
- Afrikaans word as vak by Belgiese, Nederlandse, Poolse, Russiese, en Amerikaanse universiteite aangebied.
Voordat jy na Engels oorslaan in die middel van ’n Afrikaanse sin, dink net hoe ver Afrikaans as taal gekom het.
Bronne: Wêreldwyd, Afrikaans.com
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: