Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Hoogste stemlokaal in Indië geopen

Kyk: Hoogste stemlokaal in Indië geopen. Foto: Ani
Kyk: Hoogste stemlokaal in Indië geopen. Foto: Ani

INDIË. – Die verkiesingskommissie in Indië het spesiaal ’n stemlokaal in die Raireshwar-fort op ’n hoogte van ongeveer 1,4 km opgerig.

Die pad in Maharashtra is deur 160 stemmers aangedurf.  Sommige dele was bykans onbegaanbaar, maar almal kon stem. Hulle is tans in die derde fase van hulle stemproses.

’n Massiewe ysterleer is gebruik om die stemmers bo te kry.

Volgens berigte is elektroniese stemmasjiene en beheereenhede na die stemlokaal geneem. Die tog om alles bo-op die berg te kry, het ’n uur geneem.

Bronne: NDTV, India TV News, X