Brekende Nuus
Afrikaans

Man gevonnis wat meisie doodsteek en bendes die skuld gee

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Ricardo Jacobs (39) is Woensdag in die Beaufort Wes-streekhof tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Hy het Samantha May (24) op 6 Julie 2019 voor haar seun (6) doodgesteek. Haar liggaam het 42 messteke gehad.

Eric Ntabazalila sê die moord het by hulle huis in Saffraan-rylaan op Beaufort-Wes plaasgevind, waarna Jacobs van die toneel gevlug het. Jacobs is die volgende dag in hegtenis geneem. Hy het vir die polisie gesê bendelede was in hulle huis en het May vermoor. Hy het verder gesê hulle wou hom ook doodmaak. Die polisie het die volgende dag uitgevind hy was by May se moord betrokke, waarna hy gearresteer en aangekla is.

‘n Tydperk van sielkundige waarneming en Covid-19 het die hofsaak vertraag, ook die feit dat die oorledene se seun bang was om Jacobs te sien. Die seun was gerus toe hy besef het hy gaan nie in dieselfde vertrek as die beskuldigde wees nie. Die seun se getuienis was deurslaggewend vir die skuldigbevinding.

Jacobs is op 7 Mei 2024 skuldig bevind en tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis.