Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie-offisier sterf in ongeluk

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Lt.kol. Kgasi Johannes Monama (57) het Dinsdagoggend omstreeks 07:30 in ‘n ongeluk tussen sy VW Polo en ‘n Isuzu-bakkie in die Doorset-polisiëringsarea gesterf.

Kol. Malesela Ledwaba sê nog een vroulike insittende (54) het gesterf en vier ander insittendes is ernstig beseer.

Monama en nog drie persone was onderweg werk toe in sy motor toe die trompop botsing plaasgevind het. Die bakkie het ‘n bestuurder en passasier in gehad. Die vier persone wat ernstig beseer is, is na ‘n hospitaal gehaas.

‘n Saak van strafbare manslag is geregistreer. Die polisie ondersoek die ongeluk.

Lt.genl. Thembi Hadebe het hartseer oor die offisier se afsterwe uitgespreek.

“As Limpopo SAPS, we have lost a real cop who performed his job diligently by putting criminals at bay. We send our heartfelt condolences to the families of the deceased, friends and colleagues. We wish them strength to pull through this ordeal. Those who sustained injuries, we wish them a speedy recovery,” sê Hadebe.