KNYSNA, WES-KAAP. – ‘n Jong volwasse suidelike olifantseerob genaamd Columbus moes onlangs gewas word nadat hy in die Knysna-riviermonding aan land gegaan het.
Volgens die Garden Route National Park was hy gedeeltelik bedek met ’n olierige vloeistof. Hy is dus afgespuit met ’n bioafbreekbare seepmengsel. Die mengsel is afgewas nadat dit vir ’n wyle in sy vel ingetrek het.
SANParke het inwoners en parkgangers se samewerking tydens Columbus se herstelproses gevra. Hulle beloof om gereelde nuus oor Columbus se doen en late te gee terwyl hy nog aan wal is.


Bron: SANParke
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: