Brekende Nuus
Afrikaans

Verdagte dood en drie beseer in skietery met polisie

Verdagte dood en drie beseer in skietery met polisie
fotokrediet: Canva
Verdagte dood en drie beseer in skietery met polisie fotokrediet: Canva

Lees ook: Tien mense beseer in nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk

GQEBERHA. – Een verdagte is dood en drie is gewond na ’n skietery tussen vermeende rowers en die polisie.

Die polisie was gister op patrollie in Kwazakele toe hulle ’n voertuig sien wat as gesteel aangemeld is. Volgens die polisie het hulle omgedraai en gesien die verdagtes beroof iemand. Hulle het weggejaag met die polisie agterna. Die verdagtes het na bewering op die polisie geskiet, wat teruggeskiet het.

Een verdagte is dood en drie is gewond.

Drie vuurwapens, vyf selfone en die gesteelde voertuig is gekry. Die polisie ondersoek of die verdagtes by ander misdrywe betrokke was.

Bronne: SAPD

Lees ook: Tien mense beseer in nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk