Tien mense beseer in nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk

Lees ook :

Tien mense beseer na nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk
Tien mense beseer na nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Boeing 767 amper in ongeluk na noodlanding

DAKAR, SENEGAL. – ’n Boeing 737-300 het gister aan die brand geslaan en teen die aanloopbaan geskuur op die hooflughawe Blaise Diagne in Senegal, naby Dakar.

Tien mense, insluitend die vlieënier, is in die ongeluk beseer. Die vliegtuig was met 85 mense, die bemanning ingesluit, op pad na Bamako in Mali.

Dit is onduidelik wat die brand veroorsaak het. Die voorval is die derde met ’n Boeing die week. ’n Boeing se wiel het gister gebars tydens ’n landing in Turkye. In nog ’n voorval het ’n Boeing na ’n noodlanding teen die aanloopbaan geskuur.

Die maatskappy is onder druk met ’n ondersoek aan die gang oor die veiligheid van hulle vliegtuie en twee fluitjieblasers wat oorlede is.

Bronne: AP News, TIME, The Washington Post

Lees ook: Boeing 767 amper in ongeluk na noodlanding

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief