VRYSTAAT. – ‘n Vrou (64) van Sasolburg wat glo partyplakkate van lamppale verwyder het, is op waarskuwing vrygelaat nadat sy in hegtenis geneem is. Sy moet op 22 Mei in die hof verskyn.
Brig. Motantsi Makhele sê die vrou is vir die oortreding van die verkiesingswet in hegtenis geneem, wat die onwettige verwydering en skending van plakkate wat deur ‘n geregistreerde party gepubliseer is, verbied.
‘n Saak is gemaak nadat die vrou afgeneem is terwyl sy plakkate van ‘n spesifieke party verwyder.
“Volgens wet is die verwydering van verkiesingsplakkate onwettig en kan dit as vandalisme of peuter met veldtogmateriaal beskou word. Dit is noodsaaklik om die demokratiese proses te respekteer en politieke partye en kandidate toe te laat om hul materiaal te vertoon soos deur die wet toegelaat.”
Bronne: SAPD en Central News X-profiel