Brekende Nuus
Afrikaans

Man (67) van Hentiesbaai sterf onverklaarbaar na 11 km se stap

Man (67) op Hentiesbaai sterf na 11 km se stap. Foto ter illustrasie: Canva
Man (67) op Hentiesbaai sterf na 11 km se stap. Foto ter illustrasie: Canva

HENTIESBAAI, NAMIBIË. – Mathew Cochrane (67) is Vrydag oorlede nadat hy teruggekeer het van ’n stapsessie van 11,6 km.

Volgens die polisie het hy na bewering met sy terugkeer op sy rusbank gaan sit en gesterf. Hy is op die toneel dood verklaar.

Geen vuilspel word vermoed nie. Die presiese oorsaak van sy dood moet nog bepaal word.

Bronne: Informanté, Facebook