Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood
Die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof het gesê hy wil lasbriewe vir die inhegtenisneming van Israeliese en Hamas-leiers oor beweerde oorlogsmidrywe bekom.
Aanklaer Karim AA Khan KC het aansoek gedoen vir lasbriewe vir die inhegtenisneming van Benjamin Netanyahu en Yoav Gallant, Israel se minister van verdediging, vir oorlogsmisdrywe, asook vir lasbriewe vir Hamas-leiers Yahya Sinwar, Ismail Haniyeh en Mohammed Diab Ibrahim Al-Masri.
Israel en Hamas het albei voorheen bewerings oor oorlogsmidrywe ontken. Netanyahu het die besluit om ‘n lasbrief teen hom te kry, as absurd bestempel en gesê die besluit teiken die hele Israel.
Hamas-lid Sami Abu Zuhri het ook die besluit gekritiseer en gesê dit is bedoel om Israel aan te moedig om aan te hou om Gaza aan te val.
#ICC Prosecutor @KarimKhanQC announces applications for arrest warrants in relation to Yahya Sinwar, Mohammed Diab Ibrahim Al-Masri (Deif) and Ismail Haniyeh in the context of the situation in the State of #Palestine ⤵️https://t.co/WqDZecXFZq pic.twitter.com/yXsuzKYlqJ
— Int'l Criminal Court (@IntlCrimCourt) May 20, 2024
Bronne: ABC News, X, CNN, New York Times
Lees ook: Israel ontken verantwoordelikheid vir Iran-president se dood