NOORD-KAAP. – ‘n Onwettige besending hookah-houtskool-tablette ter waarde van ongeveer R900 000 is deur misdaadintelligensie en doeanebeamptes van die inkomstediens in Kimberley onderskep.
Sers. Merapelo Pilane sê inligting van die besending wat na verwagting in Phakamile Mbijastraat afgelewer sou word, is ontvang. Tydens ‘n operasie is op meer as 2 000 bokse met die houtskooltablette in ‘n bergingsfasiliteit beslag gelê is.
‘n Navraag is oopgemaak en die ondersoek duur voort.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: