Brekende Nuus
Afrikaans

Betogings vind plaas uit protes teen moontlike ANC-DA-koalisie

Betogings vind plaas uit protes teen ANC-DA-koalisie

fotokrediet: X
Betogings vind plaas uit protes teen ANC-DA-koalisie fotokrediet: X

Lees ook: ActionSA sny bande met Veelpartyhandves oor RNE

Verskeie individue, vakbonde, ANC-lede en ander politieke partye het beswaar gemaak teen die ANC se moontlike koalisie met die DA.

Numsa het gesê as die ANC die DA as ‘n koalisievennoot kies “sal dit die finale verraaiing van die werkersklas wees”.

‘n Groep ANC-lede het gister teen die ANC en DA se moontlike samewerking betoog. Die ANC-sekretaris, Fikile Mbalula, het gesê die betogings is gebaseer op misinformasie. Hy het gesê die protes is “misplaas” en dat hulle alle opsies oorweeg.

Die ANC het gesê hulle praat met alle partye, selfs al het Zuma glo nie geantwoord toe hulle die MK-party genader het nie.

Bronne: IOL, The Citizen, Jacaranda FM

Lees ook: ActionSA sny bande met Veelpartyhandves oor RNE