Lees ook: MK-partylid in Durban doodgeskiet
ActionSA het aangekondig die party het hulle bande met die Veelpartyhandves vir SA (VPH) gesny na die DA ingestem het om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm met die ANC, EFF en IFP as moontlike vennote.
ActionSA het gesê die DA se gesprekke om koalisies te vorm met die ANC is ‘n oortreding van die ooreenkoms wat die Handves aangegaan het. Die VPH is verlede jaar gevorm om te keer dat die ANC en EFF saamwerk.
ActionSA se leier, Herman Mashaba, het gesê hulle fokus is nou op plaaslike regering.
Bronne: IOL, SABC, Jacaranda FM
Lees ook: MK-partylid in Durban doodgeskiet